Alienum phaedrum torquatos nec eu, vis detraxit periculis ex, nihil expetendis in mei. Mei an pericula euripidis, hinc partem.
Search:

EREDIENSTYE:
SONDAE: 09:00

KOINONIA:
SONDAE 18:00

Nuusbrief | 21 Junie 2020

Eredienste tydens Fase 3:

  • Maak seker dat elke lid van u gesin ‘n masker aanhet. (Dit gaan gedurendende die diens gedra word, maak daarom seker dat dit nie ‘n ongemaklike masker is nie.)
    • Kinders onder 2 hoef nie ‘n masker te dra nie.
    • Sou u ‘n masker benodig, bel vir Soekie Schoeman (081 129 5453) of Janey Jansen van Vuuren (081 242 2792) om een in die hande te kry.
    • Sou u opdaag sonder ‘n masker, of een van u gesinslede nie ‘n masker aanhet nie, kan ons u ongelukkig nie in die gebou toelaat nie.
  • Daar is sitplek uitgemerk vir gesinne asook individuele persone. Volg asb die “usher” by die deur sodat sy u sitplek vir u kan aanwys.
  • Ons kan net 50 mense in die kerk toelaat, dan sal die volgende 50 in die kerksaal bymekaarkom vir die diens.
  • Vir u veiligheid versoek ons die persone bo 60 en gesinne met babas en kleuters om eerder die diens op ons Youtube-kanaal te volg, maar u is steeds welkom sou u graag wou bywoon!
  • Daar sal geen koffie en tee bedien word na die erediens nie.
  • Ons versoek u om na die diens nie te lank te vertoef nie, maar voel wel vry om mekaar te groet en uit te vra na mekaar se gesondheid.
  • Wees asb. ‘n bietjie vroeër vir die diens sodat die nodige maatreëls nagekom kan word sonder dat u die begin van die diens mis.

Die reëls hierbo is geldig vir die voorsienbare toekoms tensy anders besluit word deur die regering.

Dis te verstane dat daar frustrasie mag ontstaan, maar weet dat ons al hierdie dinge doen ter wille van u en u gesin se gesondheid, én om die wet te gehoorsaam, sou hulle ‘n onverwagse besoek doen op ‘n Sondagoggend.

Laai hierdie week se nuusbrief hier af:

No Comments

Post a Comment