Nuusbrief | 27 September 2020
Net ‘n paar reëlings rakende nagmaal hierdie en volgende Sondag.
Die stoele in die kerk is weer geskuif soos dit was met ons eerste Covid-19 bymekaarkomste. Moet ASSEBLIEF nie die stoele skuif nie. Sou u ‘n gesin van meer as 2 of 3 is, kies asb. vir u ‘n bank wat gemerk is “Gesinne”. Sou u alleen die dienste bywoon, of ‘n gesin van net 2 of 3 mense is, kies dan vir u sitplek in die stoele soos aangedui.
Hierdie reëling is nie om moeilik te wees nie, maar om ons almal te beskerm en gehoorsaam te bly aan ons land se Covid-19 regulasies.
Wees asb. seker dat u ‘n masker dra na die tafels toe. Wanneer die brood gebreek word en die wyn gedrink word kan u dit oplig of afskuif, maar dan moet dit weer opgesit word daarna.
Enige verdere reëlings sal onder die diens bekend gemaak word.
Laai hierdie week se nuusbrief hier af: