Alienum phaedrum torquatos nec eu, vis detraxit periculis ex, nihil expetendis in mei. Mei an pericula euripidis, hinc partem.
Search:

EREDIENSTYE:
SONDAE: 09:00

KOINONIA:
SONDAE 18:00

Die Gemeente

Ons is ‘n gemeente van Jesus Christus. Deur sy wil en genade is ons in Okahandja geplaas as ‘n lamp om die lig van die Blye Boodskap uit te straal. Om effektief ʼn ligtende lig vir Christus te wees, streef ons om die kenmerke van die ware kerk uit te leef, naamlik:

  1. Die suiwer bediening van die Woord
  2. Die suiwer bediening van die sakramente
  3. Die toepassing van die tug

( volgens Art.29 van die NGB )

Ons glo vas dat Christus die Hoof van die kerk is; dat Hy oor sy kerk regeer deur sy Gees en sy Woord. Daarom is dit vir ons baie belangrik om ons volgens die suiwere Woord van God op te tree, alles wat daarmee in stryd is te verwerp, en Jesus Christus as enigste Hoof te erken.

Die Predikantsgesin

Ds. Peter, Janneke en Renée

Ds. Peter Hattingh is in Junie 2017 in Okahandja bevestig as predikant van Gereformeerde Kerk Okahandja.
Ds. Peter, sy vrou, Janneke en hulle dogtertjie, Renée, geniet die plattelandse bediening.
Janneke is ‘n grafiese ontwerper wat deeltyds van die huis af werk. Renee is nou 2 jaar oud en geniet dit om te help tuinmaak en koekies bak. Hulle verwag vroeg in September hulle tweede kind, ‘n seuntjie.
Dit is vir hulle ‘n voorreg en ‘n plesier om die koninkryk hier te mag dien.

Geskiedenis

Voor 1978

Reeds sedert 1951 het Ds. DCS van der Merwe van Windhoek, Okahandja bedien. Die eerste diens was in die huidige Kerkgebou (destyds NG Kerk). Die seuns was met klokke die strate ingestuur om die kennisgewing van die diens te versprei. Daar was net twee gesinne in Okahandja, du Plessis en de Villiers.

Vanaf 1957 het Ds. JA Jooste meer dienste in Okahandja gehou, asook Nagmaal bedien.  In 1968 het Ds. Dries Yssel meer intensief in Okahandja en die omgewing begin werk.

Okahandja het so begin groei dat dit twee wyke van Windhoek geword het.  Daar is een keer ‘n maand dienste in Okahandja gehou.

Ons dank die Here vir hierdie diensknegte wat baie opgeoffer het en lang afstande gereis het om die voorbereidings te tref om ‘n gemeente weer te aktiveer en die kandelaar brandend te kry.

Aan die begin van 1975 kon die huidige gebou van die NG Kerk teen N$ 28 000 aangekoop word.

Eerste tree na selfstandigheid

‘n Kommissie onder leiding van Oudl. Pieter van Vuuren het begin om moontlike selfstandigheid van die wyke te ondersoek.  Afstigting het op 14 Oktober 1978 plaasgevind.  Daarna was besluit om in kombinasie met Windhoek te gaan.

Hierdie selfstandigheid het verder meegebring dat die distrikte van Omaruru, Usakos en Karibib ook by Okahandja ingeskakel het.

Die gemeente is vanuit Windhoek bedien deur Ds. Yssel.  Die gemeente het gegroei en daar is besluit om ‘n eie predikant te beroep.

Op 13 November 1982 het die gemeente die voorreg gehad om sy eerste predikant, Ds. Willem Vogel te bevestig.  Alles genade.  Hy bedien tot in 1985.

Verdere verloop

Gedurende Junie 1985 het Ds. Tjaart Venter die beroep opgevolg en hy het die gemeente tot in 1992 bedien het.

Begin 1993 tot middel 1996 was die gemeente in kombinasie waar Ds. Momberg die bedienaar was.  Vanaf Julie 1996 tot einde 1998 het Ds. Momberg voltyds in Okahandja bedien.

Vir ongeveer twee jaar is Okahandja bedien deur predikante in die Klassis.

‘n Besondere woord van dank aan ons konsulent, Ds. Johannes Bingle en Dr. Callie Opperman wat deurentyd ‘n helpende hand na die gemeente uitgesteek het.

Gedurende 2001 is ‘n bedieningsooreenkoms met Windhoek-Suid gesluit.  Ds. Jannie Meyer het Okahandja bedien en daarna Ds. Martin Meyer wat hom opgevolg het.  Na Ds. Meyer se vertrek is die gemeente deur besoekende predikante bedien.  Die gemeente het besluit om weer ‘n voltydse predikant te beroep.

In 2005 is Ds. Theuns de Klerk beroep, wat die gemeente vir 12 jaar lank voltyds bedien het. Hy het sy uittreepreek op 16 Oktober 2016 gegee.

Vandag

Op 18 Junie 2017 is Prop. Peter Hattingh bevestig.

Die gemeente kan in Oktober 2018 met groot dankbaarheid teenoor die Here terug kyk na 40 jaar waarin die Here voorsien het.

Wyksingligting

Vir kontakbesonderhede, kontak asseblief die kerkkantoor.

Wyk 1

Ouderling:

Charl Coetzee

Diaken:

Jan Byleveld

Wyksuster:

Noreen Booysen

Wyk 2

Ouderling:

Gerrit Viljoen

Diaken:

Piet Steenkamp

Wyksuster:

Doreen Koen

Wyk 3

Ouderling:

Izak Engelbrecht

Diaken:

Martyn Jearey

Wyksuster:

Miemie Engelbrecht

Wyk 4

Ouderling:

Gert Janse van Vuuren

Diaken:

Raymond Jearey

Wyksuster:

Janey Janse van Vuuren

Wyk 5

Ouderling:

Hilton Jearey

Diaken:

Pieter Janse van Vuuren

Wyksuster:

Lelanie Janse van Vuuren

Wyk 6

Ouderling:

Walter Bernhardt

Diaken:

Markus Bean

Wyksuster:

Lelanie Janse van Vuuren

Wyk 7

Wyksuster:

Linda Coetzee

Wyk 8

Ouderling:

Thys Janse Van Vuuren

Diaken:

Piet van Rooyen

Wyksuster:

Suzette Janse van Vuuren

Wyk 9

Ouderling:

André Schoeman

Diaken:

Xander Schoeman

Wyksuster:

Tanya Schoeman

Wyk 10

Ouderling:

Ben Slabbert (Jnr)

Diaken:

Hendrik Malan

Wyk 11

Diaken:

Marcel Bernhardt

Wyksuster:

Annelize Fourie

Wyk 12

Ouderling:

Gert Smit

Diaken:

George Kühn

Wyksuster:

Nadine Kühn